Die leier is: Sonja du Toit
Kontakbesonderhede: 021-5592543, 073-5395100, e-pos: sondt@mweb.co.za
Die doel van die twee belangrikste fondsinsamelings gebeurtenisse in Welgelegen is om ‘n gevoel van herlewing en verryking te bewerkstellig. ‘n Geleentheid om gesellig saam te verkeer en pret te hê. Jaarliks word daar dan die WELGELEGEN MAKIETIE en die WYNVEILING beplan.
DIE WELGELEGEN MAKIETIE is ‘n groot gebeurtenis wat 2008 vir die eerste keer afgeskop het. Daar word gepoog om die omliggende omgewing ook te betrek om deel te wees van die feestelike gebeurtenis in Welgelegen. Dit word gedurende Mei gehou en strek oor 4 dae wat die volgende insluit:
‘n Wintermark met pragtige geskenke, juwele, skilderye, naaldwer, dekor, kunsware, plantjies, groente en eetgoed. ‘n Gesellige atmosfeer en ‘n heerlike koffiekroeg om die binneste ook warm te maak..
- Elke aand word heerlike warm wegneem aandetes verkoop by die Wintermark.
- Vermaaklikheid en/of Talentkompetisie word ook beplan vir die Vrydagaand.
- Die hoogtepunt is die Saterdag met een GROOT KERMIS in die groot Marque tent op die kerkterrein. Daar word potjiekos kompetisie gehou, ‘n kafee, en heerlike pannekoek, jaffels, hamburgers, chips, kerrie en rys, boereworsrolle, poeding, gebak, groente en plante verkoop.
- In die KINDERTENT is heerlike kinderaktiwiteite met groot verrassings, gesigverf, speletjies, kunsgoedjies word gemaak, Springkasteel, Koeldrank, Lekkergoed! U kan u kinders in die betroubare sorg los vir 2 ure teen ‘n minimale bedrag.
- Die Clash, word ook gehou tussen oud en jonk!
DIE WYNVEILING wat elke jaar ‘n GROOT sukses en ‘n pragtige aand is, word beplan gedurende Julie. Dit is ‘n heerlike aand, so in die winter met ‘n “warm” atmosfeer en heerlike kos! Dit behels ‘n stylvolle viergang aansit-ete in ‘n pragtige opgemaakte saal, waartydens uitgesoekte wyne van welbekende kelders opgeveil word. Dit bied ‘n geleentheid vir enigeen om uitgesoekte gaste en/of besigheidskliente te trakteer. Tafels van 8, word vooraf bespreek en verkoop by die kekrkantoor.
Enige navrae i.v.m. bg. kan gerig word aan Sonja du Toit by (021)559-2543, faks 0866890648, cel 073 539 5100, sondt@mweb.co.za of enige van Ds Michiel, Ds Alwyn, en Ds GP.
|
|